15de Oscar-toekenningsaand

  15de Oscar-toekenningsaand 

Datum 4 Maart 1943
Plek Ambassador Hotel,
Los Angeles
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Mrs. Miniver
Meeste pryse  Mrs. Miniver (6)
Meeste benoemings  Mrs. Miniver (12)
Noël Coward, wat ’n ereprys ontvang het.

Die 15de Oscar-toekenningsaand is op 4 Maart 1943 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1942. Mrs. Miniver het die Oscar vir beste rolprent gewen. Dit het ook die meeste benoemings gehad en het die meeste pryse gewen.

Die seremonie is bekend vir die toespraak van Greer Garson, wat die prys vir beste aktrise gewen het – dit was byna ses minute lank en word algemeen beskou as die langste toespraak op ’n Oscar-aand.

Nog iets wat uitgestaan het, was dat Irving Berlin die Oscar vir beste liedjie oorhandig het – en dit toe self gewen het vir "White Christmas".

Die kategorie beste dokumentêr het vier wenners gehad, iets wat nooit tevore en nog nie weer sedertdien gebeur het nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy